Wednesday, October 9, 2019

4089 SY teenwoordigheid


From: Daaglikse Stilte <info@jimileroux.com>
Date: 2019/10/10 04:01 (GMT+02:00)
To: wildre.scheepers@gmail.com
Subject: 4089 SY teenwoordigheid

DAAGLIKSE STILTE

Ons uitstekende selleiers-kursus, KLEINGROEP-DINAMIEK, is gratis as jy ons huidige kursus Psalm 23 neem! Vir meer info oor hierdie opleiding, kliek hier. Vir info oor PSALM 23: kliek hier.

4089 Sý teenwoordigheid

21 Maar daar sal 'n magtige, die HERE, by ons wees, by 'n plek van riviere, met breë strome aan alle kante. 'n Boot met spane sal nie daarop vaar nie, 'n magtige skip sal dit nie oorsteek nie; 22 want die HERE is ons regter, die HERE is ons regeerder, die HERE is ons Koning – Hy sal ons verlos. Jes. 33:21-22 BDV

Jesaja profeteer die herstel van Jerusalem. Hy sê dat riviere en waterstrome dit sal omring, maar dat oorlogskepe dit nie sal omsingel nie, want die stad sal nooit weer verower word nie. Hulle God, Jahweh Adir, die "Magtige (of Majestueuse) HERE", sal by hulle wees en oor hulle regeer. As Jesaja so vorentoe kyk versmelt sy visie met die ewigheid. Hy kyk verby die aardse Jerusalem, en sien 'n hemelse, nuwe Jerusalem.

Saam met die profete sien ons ook uit na die finale oorwinning, die ewige vrede, wanneer oorlog en stryd verby is. Die wêreld-wat-kom kan egter net aanbreek wanneer Adir, die Majestueuse Een, op die toneel kom. In sý teenwoordigheid word alle gebrek, onreg en boosheid verdryf. Sý teenwoordigheid herstel alles tot volmaaktheid. Onthou, ons behoefte is nie na iets nie, maar na Hóm. By Hóm is alles wat ons benodig! Bid vir sý teenwoordigheid en openbaring en koms. Dan breek die hemel dadelik aan – of ten minste iets daarvan, terwyl ons nog op die aarde is.

Magtige Koning, kom op die toneel! Openbaar Uself in my lewe. Verskyn in my gedagtes en woorde en dade, in my verhoudings en werk. Dan sal alles verander! Amen.

Meer inligting

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Kommentaar, vrae of gebedsversoeke is welkom.
Stuur ons oordenkings gerus aan,
maar moenie spam nie.
Om meer oor hierdie reeks te lees, kliek hier.
Om op ons gratis oordenkings in te skryf, kliek hier.
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux | www.jimileroux.com

facebook twitter linkedin wordpress
Jimi le Roux

Posbus 233, Kuilsrivier, 7580, Cape Town, South Africa.

You received this email because you signed up on our website or made a purchase from us.

Unsubscribe
MailerLite

No comments: