Thursday, February 6, 2020

Fwd: 4159 Almal het dit nodig





Wildré Scheepers
0815592524

Sent from my Samsung Galaxy smartphone.

-------- Original message --------
From: Daaglikse Stilte <info@jimileroux.com>
Date: 2020/02/06 04:21 (GMT+02:00)
To: wildre.scheepers@gmail.com
Subject: 4159 Almal het dit nodig

DAAGLIKSE STILTE

Doen hierdie jaar 'n kursus! Ons opwindende geestelike programme gaan aan diegene wat ons bediening met 'n basiese bedrag ondersteun.  Kliek hier om meer te lees oor hoe ons kursusse werk!

4159 Almal het dit nodig

10 Toe sê die engel vir hulle: "Moenie bang wees nie. Kyk, ek bring vir julle 'n goeie boodskap wat vir die hele volk 'n bron van groot vreugde sal wees: 11 Vandag is daar vir julle in die Stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here." Luk. 2:10-11 BDV

'n Bekende en belangrike naam vir Christus is "Verlosser". Die woord soter word ook vertaal met "Redder" of (in die Ou Vertaling) "Heiland". As Christus egter ons Verlosser is, waarvan moet ons verlos word? Christene sê dadelik "van sonde", maar het dikwels 'n beperkte begrip van wat dit beteken, terwyl nie-Christene weer sê dat hulle geen verlossing nodig het nie, dankie.

Sien dit so: die mens se grootste probleem en grootste sonde is hyself. Sy natuur is om self baas te wil wees in sy lewe – ja, self god! Hy wil onafhanklik wees: self besluit, self beheer neem. Hy steur hom dus nie aan God nie. Sy ekkigheid het net een fokus, naamlik homself. Sy eie behoeftes en begeertes kom eerste. Hy's hoogmoedig en selfsugtig. Van sulke onafhanklikheid en eiesinnigheid – wat God 'rebellie' noem – moet ons verlos word! Verlossing is om jou eiewaan te bely en voor God te buig. Dis om gehoorsaam te word. Dis om vir Hóm te begin leef. Let wel: álmal het verlossing nodig!

Hemelse Verlosser, red my van 'n selfgesentreerde lewe: opstandig, ongehoorsaam, liefdeloos, sinloos. Ek wy my lewe vandag weer aan U. Word my Heer en Meester en maak my gehoorsaam. Ja, red my, verander my, gebruik my, werk deur my! Amen.

Meer inligting

Antwoord gerus op hierdie e-pos! Kommentaar, vrae of gebedsversoeke is welkom.
Stuur ons oordenkings gerus aan,
maar moenie spam nie.
Om meer oor hierdie reeks te lees, kliek hier.
Om op ons gratis oordenkings in te skryf, kliek hier.
© 2019 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux | www.jimileroux.com

facebook twitter
Jimi le Roux

Posbus 610, Somerset Mall, 7137, Cape Town
South Africa

You received this email because you signed up on our website or made a purchase from us.

Unsubscribe
MailerLite

No comments: